Alida se familie en vriende

Met so baie van my familie en vriende versprei oor die aardbol, het ek besluit dat 'n webwerf die aangewese kommumikasie medium is om so 'n bietjie van mekaar se lief en leed te deel. So baie herinneringe is op foto's vasgevang, en ons deel dit graag met almal wat vir ons lief en dierbaar is.

Die webwerf sal mettertyd bygewerk word met foto's uit die verlede en hede. Ek het die web begin op 23 Februarie 2003, met 'n paar foto's van die heerlike uitstappie op Tafelberg, waar ek en broer Dawie en van ons gesinslede Disas gaan besigtig het.

Groete,

Alida Delport
Kaapstad
23 Februarie 2003

[view from house]
Uitsig op Hottentotshollandsberge vanaf
ons huis in Stellenberg se balkon.